Die Span

Spore is ‘n opvoedkundige toermaatskappy, wat spesialiseer in avontuur-, kulturele- en sporttoere regdeur Suid-Afrika. Hierdie is egter ‘n eenvoudige beskrywing. Ons is baie meer as dit! 
 
Sedert ons in 2007 gevestig is, bied ons deurentyd ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aan, elkeen ontwikkel en gebasseer op die skoolkurrikulum.  Hierdie programme het ten doel om te onderrig, te vermaak en om beide kinders en volwassenes se betrokkenheid in hulle omgewing en vermoëns te ontwikkel en behou. 
 
Ons dinamiese span word deur Lynette Marais gelei. Met haar energieke persoonlikheid aan die stuur van sake, onderneem sy dat jy met elke woord en aksie , ‘n positiewe ervaring saam met haar span sal hê. 
 
Met Lynette se sterk agtergrond in opvoedkunde is dit vir haar ‘n voorreg om opvoedkundige programme te bied wat glad en uitstekend verloop. Daarby het Lynette en die span ‘n passie vir kinders, ‘n liefde vir die natuur en ‘n sprankie ondeundheid wat duidelik blyk in die aktiwiteite en programme wat hulle ontwikkel – alhoewel hulle aan jou die geleentheid bied om jou eie program saam te stel! 
 
Bowenal het ons ‘n opregte passie om aan jou iets te bied wat werklik jou behoeftes en begeertes aanspreek.

 

Ook deel van die Spore span is EG, Lynette se kleinseun. EG is n entoesiastiese helper wat gedurende skool vakansies meeste van die verpakking, oplaai en aflaai werk hanteer. EG is die inspirasie agter al ons promosie-items. Direkteur in afwagting.

 

Benodig 'n kwotasie of wil met ons gesels?