Programme en Aktiwiteite

Dit verskaf aan ons baie genot omdat dit vir ons moontlik is om as ‘n opvoedkundige toermaatskappy aan jou die beste moontlike buitelug ervaringe te bied. Elke aktiwiteit is ontwikkel om die buitelug as ‘n klaskamer asook ‘n bron van kennis te benut om sodoende die bestaande opvoedkundige programme te ondersteun, ten einde te verseker dat dit wat ons bied die uitkomsgeabsseerde sisteem ten volle ondersteun.

Met meer as sewe jaar se ondervinding, word elke program en aktiwiteit met jou veiligheid in ons gedagte georganiseer en aangebied. Ons is daartoe verbind om te verseker dat ons jou en jou toergroep met die grootste sorg hanteer, sodat jou ondervinding saam met ons net die beste is!

Ons Programme bestaan uit:

  • Belangstellingsprogramme wat ‘n Olifant ervaring, ‘n Eko ervaring, Water pretpark, Museum besoeke, Voëls van Eden, Apieland, Slang bewaringsarea, See ekologie, Tsitsikamma ekstravagansa en “Kringe- in-‘n-bos”-toer insluit. 
  • Plaasaktiwiteite 
  • Pionierervaringe 
  • Hindernisbane 
  • Kameelritte 
  • Bootritte 
  • Spanbou aktiwiteite en speletjies 
  • Skuilingbou 
  • Verfbal 
  • Wateraktiwiteite 
  • Oorlewing in die veld 

As jy alreeds weet wat jy wil hê of jou eie program wil ontwikkel klik asseblief hier en ons sal jou dadelik help.

ONS AAND
EN DAG
PROGRAMME

ONS BESOEK
PUNTE

ONS
AKTIWITEITE